BARNABAS-BEDIENING(Mannebediening)

Die mannebediening wil 'n ruimte skep waar mans Opnuut ontdek wie God is en wat God se plan met hulle lewens is:
Hulle ware identiteit en doel op aarde sal ontdek en ontgin tot volle transformasie in Christus:
- 'n Veilige en vertroulike hawe skep waarin hulle mekaar kan ondersteun tot geestelike en lewensgroei;
 - Gehelp word om hulle geloof in en verhouding met die Here met hulle gewone lewe te integreer;
 - Binne gesonde verhoudings, by mekaar leer en mekaar bemoedig en toerus om 'n verskil in ander mans se lewens en in die wêreld te maak;
 - 'n Verantwoordelikheidskring "circle of accountability" - skep waarin elke man uitgedaag word tot optimale groei;
 - En mans inskakel en saamwerk met ander bedieninge en inisiatiewe binne die gemeente en in die breër gemeenskap.